MSA Home Latest News
Nampo-Oesdag van der beste PDF Print E-mail
Tuesday, 19 May 2009 14:00

Die landboumasjienerie, toerusting en produkte wat by die Nampo-Oesdag te sien is, is enige tyd vergelykbaar met dít wat op die wêreld se voorste landbou-skoue te sien is, sê die Amerikaanse Staat, North Dakota, se luitenant-goewerneur, mnr. Jack Dalrymple.

Dalrymple staan aan die hoof van 'n handelsafvaardiging wat in Suid-Afrika is om handelsbande binne die landbousektor te verstewig en wat die Oesdag besoek het.

 

"Die oesdagterrein en die geboue is die mooiste wat ek nóg by 'n landbou-skou enige plek ter wêreld gesien het, " sê Dalrymple, wat self betrokke is by die organisering van Amerika se grootste skou van landbou-toerusting, die Big Iron Farm Show in North Dakota in September.

Die afvaardiging besoek ook Johannesburg, Kaapstad en Durban om potensiële kliënte en verspreiders te ontmoet wat onder meer in landbou-masjienerie en produkte soos ertjies, droëbone, lensies, kanola en koring belang stel.

North Dakota is een van Amerika se voorste landbou-state.

NICO VAN BURICK - Lanbou Weekblad