|
Wat die nasionale Merino Vagkompetisie betref is meer as 350 uitsoekvagte ten toon gestel in vyf mikron kategorieë. Vir die tweede jaar ín 'n ry was die wenner van gesogde SA Grootkampioen vag afkomstig van Fraserburg. Charl Visagie van Plattekraal het vanjaar met die louere weggestap nadat Ian Muller verlede jaar die wenner was. Johan Muller van Mosselbaai het die reserwe kampioenvag vertoon. die uitslae was as volg:
<17.1 mikron Stewart DEwing van Cathcart
17.1 - 18.0 Hillsdene Boerdery - Heidelberg
18.1 - 19.0 Charl Visagie - Plattekraal Merinos
19.1 - 20.5 HCM Fourie - Heidelberg
20.6 - 22.0 Uysie Willemse - Heidelberg
>22.0 Bon Avontuur Boerdery - Albertina
Charl Visagie, wenner van die SA grootkampioen vag
Johan Muller, reserwe grootkampioen
|