|
Merino klerereeks |
|
|
By die openingsfunksie is gaste ook bekend gestel aan BKB se nuwe klerereeks, "Core-Merino", met die eerste van verskeie vertonings. Dit is op luisterryke wyse vertoon deur loopplank modelle, met beligting en musiek. Hierdie drag is van eg Suid-Afrikaanse, hoë kwaliteit Merinowol vervaardig en geskik vir ondermeer sport- en sosiale drag.
|
|
|
Vleisdemonstrasie |
|
|
'n Interessante praatjie en demonstrasie oor Merinovleis is aangebied deur die bekende koskenner en outeur van verskeie resepteboeke, Heilie Pienaar. Sy het benewens die gesondheidsvoordele van lamsvleis, ook uitgewys dat dat die hele skaap se vleis in geurige disse omskep kan word. Die verskillende snitte is vertoon en behandel hoe elk vir verskeie geregte voorberei kan word. Gaarmaakmetodes om die beste resultate te verkry, met verskeie wenke, is aan die hand gedoen.
|
|
Tydens die openingsfunksie van die Merino Classic 2011 te Bredasdorp is ere-lidmaatskap toegeken aan Henri McNaughton en Koos Hanekom.
Hier oorhandig Frederick Neethling die sertifikate aan hulle.
|
|
|
|
|
|