| Vleisdemonstrasie |
|
|
'n Interessante praatjie en demonstrasie oor Merinovleis is aangebied deur die bekende koskenner en outeur van verskeie resepteboeke, Heilie Pienaar. Sy het benewens die gesondheidsvoordele van lamsvleis, ook uitgewys dat dat die hele skaap se vleis in geurige disse omskep kan word. Die verskillende snitte is vertoon en behandel hoe elk vir verskeie geregte voorberei kan word. Gaarmaakmetodes om die beste resultate te verkry, met verskeie wenke, is aan die hand gedoen.
|
